Terrein Onderhoudsvoorman / Faktotum

  • Voltyds

Maatskappybeskrywing

CFAM Technologies (Potchefstroom) is op soek na ’n Terrein Onderhoudsvoorman / Faktotum om ons fabrieksterrein en geboue in ’n veilige, netjiese en funksionele toestand te hou.

Beskrywing van betrekking

Die rol sluit in algemene terrein- en gebou-onderhoud, klein herstelwerk, loodgietersprobleme, en koördinering van klein bou-/opknappingsprojekte met kontrakteurs.

Kwalifikasies

Vereistes: 3–5 jaar toepaslike instandhoudings-/handyman-ervaring; goeie praktiese vaardighede (herstelwerk, basiese bouwerk, loodgieters); betroubaar, selfstandig en detail-georiënteerd.

Bestuurderslisensie is ’n voordeel. Bereid om soms noodwerk na-ure te hanteer.

Bykomende inligting

Minimum vereistes:

  • Geldige PSIRA-registrasie 
  • Bewese ervaring in toegangbeheer en terrein-/fabriek-sekuriteit (voorkeur).
  • Goeie kommunikasievaardighede en vermoë om streng prosedures konsekwent toe te pas.
  • Fisies fiks en bereid om skofte, naweke en openbare vakansiedae te werk.
  • Nugter, eerlik, waaksaam en professioneel (verwysings sal nagegaan word).

Aansoekproses:
Stuur CV, en 2–3 verwysings. Kandidate kan versoek word om ’n praktiese vaardigheidstoets te doen.

(Werksplek: Potchefstroom. Slegs geskikte kandidate sal gekontak word.)

CLOSING DATE: 31 January 2026

Deur te kliek op die boonste skakel, of op enige derdeparty skakel binne hierdie plasing, verlaat jy hierdie blad and gaan na 'n derdeparty webblad waar die derdeparty se webblad terme en privaatheidsbeleid van toepassing is.